TRAVELBUCKET

VYF DINGE WAT JY MOET DOEN VOORDAT JY DIE PAD VAT

Die vakansie seisoen is vergete al agter die rug en ons is in week ses van die inperkingstyd (lockdown sê net soveel lekkerder) en met leepoë bekyk ek die kalender om te sien wanneer kan ons tog ‘n wegbreek plan maak.  Kom ons kyk wat ons kan doen om die onttrekkingsimptome op hok te hou. 

Gaan jou voertuig na

Gaan die ruitveërs na, want daar kan onverwags ‘n bui reën val.

Vul die water vir die ruitveërs aan en gooi maar ‘n ou sepie in, want daardie een gogga het mos die vermoë om reg in jou gesigveld te kom blerts.

Loer ‘n bietjie of jou spaarwiel se druk nog reg is.

Stoor dokumente

Stuur al jou belangrike dokumente wat jy op jou reis gaan nodig hê na jou e-pos adres sodat jy toegang daartoe het.  ‘n Mens weet nooit wanneer jy dit gaan nodig kry nie.

Gaan al die toerusting na voordat jy pak

Kyk dat die gasbottels nie ‘n lek het nie en toebehore wat gebruik gaan word korrek werk.

 Onthou ook van die tentpenne!

Hou die weer dop

Maak seker dat jy genoeg warm/koel klere inpak vir die rigting waarheen jy mik.  Dalk gaan jy daardie warm duvet nodig hê waaroor jy gewonder het.

Sleutels

En kyk maar na die remote se battery.  Daar is regtig niks so lastig wanneer jy op vakansie is jou en motor wil nie sluit en niks gebeur nie. Gee ook maar ‘n spaar stel sleutels vir iemand om te hou.  Dit gaan jou niks help as dit in die paneelkissie van jou motor is nie!

Spring weg en begin werk aan die planne om die lewe makliker te maak!  Veilige reise wanneer dit weer vir ons moontlik gaan wees.

—oOo—

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Social Share Buttons and Icons powered by Ultimatelysocial
Instagram