{"id":1,"date":"2014-09-22T11:10:09","date_gmt":"2014-09-22T09:10:09","guid":{"rendered":"http:\/\/travelbucket.co.za\/?p=1"},"modified":"2019-02-25T14:05:36","modified_gmt":"2019-02-25T12:05:36","slug":"zanzibar","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/travelbucket.co.za\/zanzibar\/","title":{"rendered":"ZANZIBAR"},"content":{"rendered":"
‘n Spur of the moment <\/em>besluit die Sondag om die Maandag \u2018n vinnige draai by die reisagent te gaan maak om kaartjies te gaan koop en\u00a0 dan Dinsdag op die vliegtuig te wees vat ons Zanzibar toe.\u00a0 Omdat die ander helfte van my in transit <\/em>moes bly op OR Tambo moes ons die lang roete via Nairobi neem na Zanzibar. \u00a0Die eiland was al\u00a0 baie lank in my travel bucket <\/em>gewees en nou was dit ons \u00a0kans.<\/p>\n Gewoonlik is die besige Afrika lughawe \u2018n miernes van mense wat kom en gaan en drentel en wag maar vanoggend is Jomo Kenyatta aan die stil kant en ek wonder of dit die gevolg van ebola is aangesien dit \u2018n aansluitingspunt is vir vlugte vanuit Wes-Afrika.\u00a0 Maar voort na Zanzibar.\u00a0 Hier op Jomo Kenyatta moet jy amper alles uittrek om deur sekuriteit te kan gaan \u2013 skoene, geld, horlosie, belt, <\/em>oorbelle, enigiets wat nie daardie masjien gaan laat piep nie \u2013 maar word ons tog gedurende die vlug beloon (al voel ek effe grys om die kiewe) met \u2018n gesig van Kilimanjaro se skamele bedekte sneeu top.\u00a0 \u2018n Voorreg inderdaad.<\/p>\n