{"id":17181,"date":"2020-10-04T08:48:55","date_gmt":"2020-10-04T06:48:55","guid":{"rendered":"http:\/\/travelbucket.co.za\/?p=17181"},"modified":"2020-10-19T08:33:27","modified_gmt":"2020-10-19T06:33:27","slug":"uitspan-tyd-by-uitspan","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/","title":{"rendered":"UITSPAN TYD BY UITSPAN"},"content":{"rendered":"\n

Dit is een van baie lekker<\/em>\nkampplekke in die Baviaanskloof en hier doen \u2018n mens net wat die naam s\u00ea –  uitspan! \n<\/p>\n\n\n\n

Omdat ons by die\nsee woon vermy ons gewoonlik die malligheid van \u2018n Desember vakansie by die see\nen kies eerder koers binneland toe. \nKaroo toe.  En waar meer kry jy\nKaroo as in die Baviaanskloof?  <\/p>\n\n\n\n

Hier is dit boeklees-tyd, koffie-tyd,\ngesels-tyd en vriende maak-tyd weg van tegnologie en die gewoel van die\nstad.  Die staanplekke is met groot sorg\nuitgel\u00ea sodat elkeen \u2018n koelte kolletjie het, wat belangrik is in die somer,\nmaar tog nie so ingedruk dat jy oor mekaar kamp nie.  Dit is nogal iets wat vir ons baie punte tel.\n<\/p>\n\n\n\n

\"\"<\/figure><\/div>\n\n\n\n

Hier is oorgenoeg om te doen, as jy iets wil<\/em>\ndoen!   Jy word  begroet met \u2018n blouste blou plaasdam swembad\nmet \u2018n groen grassie wat sorgvuldig elke dag nat gemaak word en waar die\nkinders bal skop en speel terwyl die grootmense in en rondom die dam\nkuier.   Wat is nou lekkerder as\ndit?  <\/p>\n\n\n\n

As jy die oggend energiek voel kan jy met\ndie paadjie stap tot bo op die kop en die w\u00eareld bespied tot daar ver.  Begin maar vroeg, want hier word dit warm in\ndie somer.   <\/p>\n\n\n\n

\"\"<\/figure><\/div>\n\n\n\n

Indien jy \nwil weet in die buitew\u00eareld aangaan kan jy data koop en op die regte\nkolletjie opvangs kry.  Omdat die kloof\nafgele\u00eb is, is tegnologiese konneksies \nuitdagend hierso, so hou moed. \nDie klein winkeltjie het die mees basiese goed en ietsie koud, maar\nbring maar jou luukses saam vanaf die huis. \n In die droogte tyd is die\nkampplek en winkeltjie vir die mense \u2018n lewensaar so ondersteun hulle.<\/p>\n\n\n\n

Jy kan ook jou fiets pak om die paaie in die\nkloof verder te verken.   Ons gesin het\negter heelwat tyd spandeer om die kleiner vo\u00ebl lewe dop te hou en te\nidentifiseer terwyl ons agter die koelte aan geskuif het.  <\/p>\n\n\n\n

Die weer verander vinnig hier. Ons het in die hitte van die somer gekamp, maar een middag het die weer vinnig \u2018n ander neiging getoon toe \u2018n ysige wind instoot en ons moes skuiling gaan soek in die lapa teen bakke vol re\u00ebn. Wees maar voorbereid vir alles!<\/p>\n\n\n\n

\"\"<\/figure><\/div>\n\n\n\n

Uitspan is ook \u2018n lekker oornag stop vir\n\u2018n eerste of laaste aand wanneer jy ver reis, want dit is aan die westelike\ningang van die Baviaanskloof gele\u00eb.  Daar\nis ook chalets indien jy wil vroeg roer omdat die pad nog lank is.  <\/p>\n\n\n\n

Akkommodasie<\/strong>: \nkamp, boskamp en chalets<\/p>\n\n\n\n

Waar<\/strong>:  westelike ingang na die Baviaanskloof  (\uf0b7  Longitude: 23.7008 \uf0b7  Latitude: -33.51585)<\/p>\n\n\n\n

Naaste dorp<\/strong>: \nWillowmore (45 km)<\/p>\n\n\n\n

Kontak<\/strong>:\u00a0 Nico & Alta Smith\u00a0 (044 923 1511)<\/p>\n\n\n\n

oooOooo<\/p>\n\n\n\n

*Artikel soos verskyn in Kamp is Lekker se aanlyn tydskrif vir Oktober 2020*<\/em><\/p>\n\n\n\n

Kamp is Lekker>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"

Dit is een van baie lekker kampplekke in die Baviaanskloof en hier doen \u2018n mens net wat die naam s\u00ea –  uitspan!  Omdat ons by die see woon vermy ons gewoonlik die malligheid van \u2018n Desember vakansie by die see en kies eerder koers binneland toe.  Karoo toe.  En waar meer kry jy Karoo as in die Baviaanskloof?  Hier is dit boeklees-tyd, koffie-tyd, gesels-tyd en vriende maak-tyd weg van tegnologie en die gewoel van die stad.  Die staanplekke is met groot sorg uitgel\u00ea sodat elkeen \u2018n koelte kolletjie het, wat belangrik is in die somer, maar tog nie so ingedruk dat jy oor mekaar kamp nie.  Dit is nogal iets wat vir ons baie punte tel. Hier is oorgenoeg om te doen, as jy iets wil doen!   Jy word  begroet met \u2018n blouste blou plaasdam swembad met \u2018n groen grassie wat sorgvuldig elke dag nat gemaak word en waar die… Read more ><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":17183,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"footnotes":""},"categories":[140,765,139],"tags":[1196,1431,1814,1813,1811,1815,1812],"geo":null,"yoast_head":"\nUITSPAN TYD BY UITSPAN - TRAVELBUCKET<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"UITSPAN TYD BY UITSPAN - TRAVELBUCKET\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dit is een van baie lekker kampplekke in die Baviaanskloof en hier doen \u2018n mens net wat die naam s\u00ea –  uitspan!  Omdat ons by die see woon vermy ons gewoonlik die malligheid van \u2018n Desember vakansie by die see en kies eerder koers binneland toe.  Karoo toe.  En waar meer kry jy Karoo as in die Baviaanskloof?  Hier is dit boeklees-tyd, koffie-tyd, gesels-tyd en vriende maak-tyd weg van tegnologie en die gewoel van die stad.  Die staanplekke is met groot sorg uitgel\u00ea sodat elkeen \u2018n koelte kolletjie het, wat belangrik is in die somer, maar tog nie so ingedruk dat jy oor mekaar kamp nie.  Dit is nogal iets wat vir ons baie punte tel. Hier is oorgenoeg om te doen, as jy iets wil doen!   Jy word  begroet met \u2018n blouste blou plaasdam swembad met \u2018n groen grassie wat sorgvuldig elke dag nat gemaak word en waar die... Read more >\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"TRAVELBUCKET\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/travelbucket.co.za\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-10-04T06:48:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-10-19T06:33:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/09\/20191224_094008-scaled.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"TravelBucket\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"TravelBucket\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"2 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/\",\"url\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/\",\"name\":\"UITSPAN TYD BY UITSPAN - TRAVELBUCKET\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/#website\"},\"datePublished\":\"2020-10-04T06:48:55+00:00\",\"dateModified\":\"2020-10-19T06:33:27+00:00\",\"author\":{\"@id\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/#\/schema\/person\/cc04253df164c722665885283479f0fa\"},\"breadcrumb\":{\"@id\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"UITSPAN TYD BY UITSPAN\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/#website\",\"url\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/\",\"name\":\"TRAVELBUCKET\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":\"required name=search_term_string\"}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/#\/schema\/person\/cc04253df164c722665885283479f0fa\",\"name\":\"TravelBucket\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/#\/schema\/person\/image\/\",\"url\":\"http:\/\/2.gravatar.com\/avatar\/236600677697d0405083fc3bae2b4831?s=96&d=identicon&r=g\",\"contentUrl\":\"http:\/\/2.gravatar.com\/avatar\/236600677697d0405083fc3bae2b4831?s=96&d=identicon&r=g\",\"caption\":\"TravelBucket\"},\"sameAs\":[\"http:\/\/www.travelbucket.co.za\"],\"url\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/author\/admin\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"UITSPAN TYD BY UITSPAN - TRAVELBUCKET","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"UITSPAN TYD BY UITSPAN - TRAVELBUCKET","og_description":"Dit is een van baie lekker kampplekke in die Baviaanskloof en hier doen \u2018n mens net wat die naam s\u00ea –  uitspan!  Omdat ons by die see woon vermy ons gewoonlik die malligheid van \u2018n Desember vakansie by die see en kies eerder koers binneland toe.  Karoo toe.  En waar meer kry jy Karoo as in die Baviaanskloof?  Hier is dit boeklees-tyd, koffie-tyd, gesels-tyd en vriende maak-tyd weg van tegnologie en die gewoel van die stad.  Die staanplekke is met groot sorg uitgel\u00ea sodat elkeen \u2018n koelte kolletjie het, wat belangrik is in die somer, maar tog nie so ingedruk dat jy oor mekaar kamp nie.  Dit is nogal iets wat vir ons baie punte tel. Hier is oorgenoeg om te doen, as jy iets wil doen!   Jy word  begroet met \u2018n blouste blou plaasdam swembad met \u2018n groen grassie wat sorgvuldig elke dag nat gemaak word en waar die... Read more >","og_url":"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/","og_site_name":"TRAVELBUCKET","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/travelbucket.co.za\/","article_published_time":"2020-10-04T06:48:55+00:00","article_modified_time":"2020-10-19T06:33:27+00:00","og_image":[{"width":2560,"height":1920,"url":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/09\/20191224_094008-scaled.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"TravelBucket","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"TravelBucket","Est. reading time":"2 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/","url":"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/","name":"UITSPAN TYD BY UITSPAN - TRAVELBUCKET","isPartOf":{"@id":"http:\/\/travelbucket.co.za\/#website"},"datePublished":"2020-10-04T06:48:55+00:00","dateModified":"2020-10-19T06:33:27+00:00","author":{"@id":"http:\/\/travelbucket.co.za\/#\/schema\/person\/cc04253df164c722665885283479f0fa"},"breadcrumb":{"@id":"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"http:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"http:\/\/travelbucket.co.za\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"UITSPAN TYD BY UITSPAN"}]},{"@type":"WebSite","@id":"http:\/\/travelbucket.co.za\/#website","url":"http:\/\/travelbucket.co.za\/","name":"TRAVELBUCKET","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"http:\/\/travelbucket.co.za\/?s={search_term_string}"},"query-input":"required name=search_term_string"}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Person","@id":"http:\/\/travelbucket.co.za\/#\/schema\/person\/cc04253df164c722665885283479f0fa","name":"TravelBucket","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"http:\/\/travelbucket.co.za\/#\/schema\/person\/image\/","url":"http:\/\/2.gravatar.com\/avatar\/236600677697d0405083fc3bae2b4831?s=96&d=identicon&r=g","contentUrl":"http:\/\/2.gravatar.com\/avatar\/236600677697d0405083fc3bae2b4831?s=96&d=identicon&r=g","caption":"TravelBucket"},"sameAs":["http:\/\/www.travelbucket.co.za"],"url":"http:\/\/travelbucket.co.za\/author\/admin\/"}]}},"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17181"}],"collection":[{"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=17181"}],"version-history":[{"count":8,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17181\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":17336,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17181\/revisions\/17336"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media\/17183"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=17181"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=17181"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=17181"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}