{"id":1790,"date":"2016-01-24T11:20:05","date_gmt":"2016-01-24T09:20:05","guid":{"rendered":"http:\/\/travelbucket.co.za\/?p=1790"},"modified":"2021-01-24T17:01:51","modified_gmt":"2021-01-24T15:01:51","slug":"historiese-george","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/","title":{"rendered":"HISTORIESE GEORGE"},"content":{"rendered":"

Die storie van George, wat na King George III vernoem is, begin reeds op 23 April 1811.\u00a0 Ek begin stap in Yorkstraat, wat vernoem is na die Duke of York<\/em> en tweede seun van King Geroge III, by die Old Town House<\/em>. \u00a0Dit is reeds in 1847 opgerig en het eers die George Museum gehuisves, maar vandag dien dit as restaurant.<\/p>\n

Dan 100 jaar later in 1911 word daar op die hoek van Mark- en Hiberniastrate, \u2018n gedenksaal opgerig wat vandag die Ingenieurs Departement van die George Munisipaliteit huisves.<\/p>\n

\"\"<\/p>\n

\n

Ek kruis die straat en stap na die witgeverfde Poskantoor met sy mooi houtdeure en kenmerkende rooi posbusse.\u00a0 Nie net is dit in 1948 voltooi, maar spog ook met \u2018n hout kloktoring.<\/p>\n

\"poskantoor\"<\/p>\n

Dan verder op in die straat kry ek onverwags, agter mooi ysterhekke in \u2018n lowergroen tuin, \u2018n glimps van die statige Bishops Lea, huis van die Diocese of George. Iets wat ek dink nie baie Georgiete van bewus is nie is dat die huis deur die bekende Sir Herbert Baker ontwerp is.<\/p>\n

\"Juwele<\/p>\n

Die koffie geure van Beans about Coffee<\/em> in Van Kervel Huis lok jou na binne.\u00a0 Hier kan jy kies uit \u2018n verskeidenheid koffiebone wat vars gemaal word terwyl jy wag.\u00a0 Die geur oorreed my onmiddellik om een van die vele blends <\/em>wat beskikbaar is te probeer.\u00a0 Met lande van oorsprong soos Kenyia, Ethiopie en nog vele meer is dit maar moeilik om die lekkerste een te kies.<\/p>\n

Maar ek stap aan.\u00a0 Volgens geskrifte arriveer juf Christina van Niekerk in 1877 in \u00a0George met die visie van \u2018n skool vir die omgewing.\u00a0 Charles Bullock, wat ook baie van die sandsteen geboue in Oudtshoorn ontwerp het, dra sy deel in 1905 by tot die argitektoniese beeld van George en ontwerp die koshuis van die meisieskool wat ons sedert 1969 as die \u00a0Arts <\/em>Theatre<\/em> ken.<\/p>\n

\"ARTS<\/p>\n

Reg langs hom is Oorskotjie wat deel van die skool kompleks gevorm het en dan volg Hurteria House <\/em>wat as skool gedien het.\u00a0 Ek verpoos \u2018n oomblik in die koelte van die statige ou akkerbome op die sypaadjie.\u00a0 Heerlik.<\/p>\n

\"Juwele<\/p>\n

My draaipunt is aan die bopunt van Yorkstraat by die Drostdy wat in 1812 gebou is onder toesig van landdros Van Kervel.\u00a0\u00a0 In 1826 het die gebou egter afgebrand, maar in 1831 het dit tweede lewe gekry\u00a0 toe William Hollet dit herstel het as sy privaat woning.\u00a0\u00a0 In die 19de eeu gryp Alex Fotheringham in om die gebou verder te laat herleef as die Victoria Hotel totdat die Munisipaliteit dit in 1972 gekoop het en as museum ingerig het.<\/p>\n

\"george<\/p>\n

Ek neem die pad aan die linkerkant van Yorkstraat af (rigting see se kant toe) verby die Landdroshof.\u00a0 Voor die Toerisme Buro (ook die werk van ou Charles Bullock) staan \u2018n ou slaweboom in die tuin.\u00a0 As jy mooi kyk sal jy nog \u2018n ketting aan die boom se stam sien.\u00a0 Dit is op die dorp se eerste tennisbane opgerig.<\/p>\n

Die volgende imposante plek wat my oog vang is Lache Huis by 120 Yorkstraat.\u00a0 Dokter Charles Owen-Snow het in 1903 die mediese praktyk gekoop.\u00a0 Hy word toe later ook die distriksgeneesheer en was die trotse eienaar van die eerste motor wat in George geloop het.\u00a0 Vandag word die perseel onder andere as advokate kamers gebruik.<\/p>\n

\"\"<\/p>\n

\n

Weggesteek op die volgende hoek is die ou klip katedraal van St Marks wat deur die bekende Sophy Gray ontwerp is.\u00a0 Die katedraal het \u2018n ryke geskiedenis.\u00a0 Dit is gebou deur drie klip skrynwerkers met klip wat aangery is vanaf Victoria Hoogte en in net 13 maande voltooi.\u00a0 Soos so baie kerke in ons land is die deure van die katedraal ook vandag gesluit vir die publiek, maar agter die kerkie is daar \u2018n ou begraafplaas met \u00a0\u2018n paar interessante grafte.\u00a0 Henry Fancourt White, die bouer van die Montagu pas, \u00a0is seker heel tevrede om hier \u2018n laaste l\u00eaplek te kon vind. \u00a0Ook Koning Elizabeth het tydens haar staatsbesoek in 1948 hier \u2018n draai afgel\u00ea.<\/p>\n

\"\"<\/p>\n

\n

Ek eindig by die Standard Bank gebou op die hoek van York- en Hiberniastraat\u00a0 wat klaarblyklik in 1879 sy eerste tak hier geopen het na gerugte dat goud in die omgewing gevind is.\u00a0 Hierdie gebou dateer uit 1939 en het opknappingswerk in 1978 en 1983 ondergaan.<\/p>\n

\"Juwele<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"

Die storie van George, wat na King George III vernoem is, begin reeds op 23 April 1811.\u00a0 Ek begin stap in Yorkstraat, wat vernoem is na die Duke of York en tweede seun van King Geroge III, by die Old Town House. \u00a0Dit is reeds in 1847 opgerig en het eers die George Museum gehuisves, maar vandag dien dit as restaurant. Dan 100 jaar later in 1911 word daar op die hoek van Mark- en Hiberniastrate, \u2018n gedenksaal opgerig wat vandag die Ingenieurs Departement van die George Munisipaliteit huisves. Ek kruis die straat en stap na die witgeverfde Poskantoor met sy mooi houtdeure en kenmerkende rooi posbusse.\u00a0 Nie net is dit in 1948 voltooi, maar spog ook met \u2018n hout kloktoring. Dan verder op in die straat kry ek onverwags, agter mooi ysterhekke in \u2018n lowergroen tuin, \u2018n glimps van die statige Bishops Lea, huis van die Diocese of George…. Read more ><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1797,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"footnotes":""},"categories":[139],"tags":[251,252,298,195,281,391,250,717,413,350],"geo":null,"yoast_head":"\nHISTORIESE GEORGE - TRAVELBUCKET<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Ek kruis die straat en stap na die witgeverfde Poskantoor met sy mooi houtdeure en kenmerkende rooi posbusse.\u00a0 Nie net is dit in 1948 voltooi, maar spog ook met \u2018n hout kloktoring.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"HISTORIESE GEORGE - TRAVELBUCKET\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ek kruis die straat en stap na die witgeverfde Poskantoor met sy mooi houtdeure en kenmerkende rooi posbusse.\u00a0 Nie net is dit in 1948 voltooi, maar spog ook met \u2018n hout kloktoring.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"TRAVELBUCKET\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/travelbucket.co.za\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-01-24T09:20:05+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-01-24T15:01:51+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/travelbucket.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Juwele-023-1024x768.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1024\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"768\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"TravelBucket\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"TravelBucket\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/\",\"url\":\"https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/\",\"name\":\"HISTORIESE GEORGE - TRAVELBUCKET\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/#website\"},\"datePublished\":\"2016-01-24T09:20:05+00:00\",\"dateModified\":\"2021-01-24T15:01:51+00:00\",\"author\":{\"@id\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/#\/schema\/person\/cc04253df164c722665885283479f0fa\"},\"description\":\"Ek kruis die straat en stap na die witgeverfde Poskantoor met sy mooi houtdeure en kenmerkende rooi posbusse.\u00a0 Nie net is dit in 1948 voltooi, maar spog ook met \u2018n hout kloktoring.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"HISTORIESE GEORGE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/#website\",\"url\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/\",\"name\":\"TRAVELBUCKET\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":\"required name=search_term_string\"}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/#\/schema\/person\/cc04253df164c722665885283479f0fa\",\"name\":\"TravelBucket\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/#\/schema\/person\/image\/\",\"url\":\"http:\/\/2.gravatar.com\/avatar\/236600677697d0405083fc3bae2b4831?s=96&d=identicon&r=g\",\"contentUrl\":\"http:\/\/2.gravatar.com\/avatar\/236600677697d0405083fc3bae2b4831?s=96&d=identicon&r=g\",\"caption\":\"TravelBucket\"},\"sameAs\":[\"http:\/\/www.travelbucket.co.za\"],\"url\":\"http:\/\/travelbucket.co.za\/author\/admin\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"HISTORIESE GEORGE - TRAVELBUCKET","description":"Ek kruis die straat en stap na die witgeverfde Poskantoor met sy mooi houtdeure en kenmerkende rooi posbusse.\u00a0 Nie net is dit in 1948 voltooi, maar spog ook met \u2018n hout kloktoring.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"HISTORIESE GEORGE - TRAVELBUCKET","og_description":"Ek kruis die straat en stap na die witgeverfde Poskantoor met sy mooi houtdeure en kenmerkende rooi posbusse.\u00a0 Nie net is dit in 1948 voltooi, maar spog ook met \u2018n hout kloktoring.","og_url":"https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/","og_site_name":"TRAVELBUCKET","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/travelbucket.co.za\/","article_published_time":"2016-01-24T09:20:05+00:00","article_modified_time":"2021-01-24T15:01:51+00:00","og_image":[{"width":1024,"height":768,"url":"https:\/\/travelbucket.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Juwele-023-1024x768.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"TravelBucket","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"TravelBucket","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/","url":"https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/","name":"HISTORIESE GEORGE - TRAVELBUCKET","isPartOf":{"@id":"http:\/\/travelbucket.co.za\/#website"},"datePublished":"2016-01-24T09:20:05+00:00","dateModified":"2021-01-24T15:01:51+00:00","author":{"@id":"http:\/\/travelbucket.co.za\/#\/schema\/person\/cc04253df164c722665885283479f0fa"},"description":"Ek kruis die straat en stap na die witgeverfde Poskantoor met sy mooi houtdeure en kenmerkende rooi posbusse.\u00a0 Nie net is dit in 1948 voltooi, maar spog ook met \u2018n hout kloktoring.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/travelbucket.co.za\/historiese-george\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"http:\/\/travelbucket.co.za\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"HISTORIESE GEORGE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"http:\/\/travelbucket.co.za\/#website","url":"http:\/\/travelbucket.co.za\/","name":"TRAVELBUCKET","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"http:\/\/travelbucket.co.za\/?s={search_term_string}"},"query-input":"required name=search_term_string"}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Person","@id":"http:\/\/travelbucket.co.za\/#\/schema\/person\/cc04253df164c722665885283479f0fa","name":"TravelBucket","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"http:\/\/travelbucket.co.za\/#\/schema\/person\/image\/","url":"http:\/\/2.gravatar.com\/avatar\/236600677697d0405083fc3bae2b4831?s=96&d=identicon&r=g","contentUrl":"http:\/\/2.gravatar.com\/avatar\/236600677697d0405083fc3bae2b4831?s=96&d=identicon&r=g","caption":"TravelBucket"},"sameAs":["http:\/\/www.travelbucket.co.za"],"url":"http:\/\/travelbucket.co.za\/author\/admin\/"}]}},"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1790"}],"collection":[{"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1790"}],"version-history":[{"count":12,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1790\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":20520,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1790\/revisions\/20520"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1797"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1790"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1790"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/travelbucket.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1790"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}