{"id":2117,"date":"2016-08-17T15:44:28","date_gmt":"2016-08-17T13:44:28","guid":{"rendered":"http:\/\/travelbucket.co.za\/?p=2117"},"modified":"2019-02-27T15:06:28","modified_gmt":"2019-02-27T13:06:28","slug":"malelane-ruskamp-knp","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/travelbucket.co.za\/malelane-ruskamp-knp\/","title":{"rendered":"MALELANE RUSKAMP (KNP)"},"content":{"rendered":"

Malelane Sateliet Kamp is een van die kleiner ruskampe in die wildtuin, sowat 3 kilometer vanaf die Malelane hek, wat selde vol bespreek is.\u00a0 So dit is ideaal as jy op die ingewing van die oomblik besluit om wildtuin toe te gaan om diere te gaan soek.<\/p>\n

Maar miskien is die kamp ook nie vir almal lekker.\u00a0 Daar is nie \u2018n winkeltjie of restaurant fasiliteite nie.\u00a0 Ook nie gras staan plekke nie.\u00a0 Jou naaste inkopiesentrum gaan wees by Berg en Dal ruskamp ongeveer 10 kilometer verder aan.<\/p>\n

\"Wildtuin<\/p>\n

Daar is ook nie WiFi in die chalets nie, maar wie kom nou wildtuin toe om op die internet te l\u00ea?<\/p>\n

Maar as jy stilte soek weg van die gejaag en gemaal in die wildtuin is dit \u2018n baie lekker kampie om in uit te span.\u00a0 Die kampplekke het nie almal gras en bome nie en sommige effe skuins, maar ons kon daarmee saamleef.\u00a0 Tussen die jong kremetarte voor\u00a0 die sowat vyf chalets is daar egter lekker groen grasperke met bankies wat oor die rivier uitkyk.<\/p>\n

\"Wildtuin<\/p>\n

Alhoewel die gemeenskaplike kamp kombuis met die chalets gedeel word was dit\u00a0 elke dag sprankel skoon gewees in die tyd wat ons daar was.\u00a0 Daar is ook \u2018n gemeenskaplike vrieskas tot die beskikking van die besoekers.\u00a0 Iets wat vir my lekker was is die \u201cquick hot water point\u201d<\/em> waar jy jou koffiefles vol water kan maak voordat jy vroeg oggend uitwyk om te gaan diere te kyk.<\/p>\n

\"Wildtuin<\/p>\n

Die ablusieblok het elke dag genoeg warm water gehad beide aan die mans en dames kante.\u00a0 Elke staanplek het \u2018n elektriese punt en \u2018n gemeenskaplike kraan.\u00a0 Vir twee dae was ons die enigste kampeerders in die kamp.\u00a0 \u00a0Salig!<\/p>\n

Elke aand vir die vier dae\u00a0 wat ons daar gestaan het was ons gelukkig gewees om iets interessant te sien.\u00a0 Op ons eerste aand het ek my UV flitslig gevat en bietjie rond gestap om te kyk wat ek sien. \u00a0\u00a0Tot my verbasing was die boom waaronder ons gestaan het oortrek van skerpioene.\u00a0 Wat het ek geleer?\u00a0 Moet nooit sommer in die donker aan \u2018n boom vat nie.\u00a0 Jy mag dalk net \u2018n pynlike verrassing kry!\u00a0 Die tweede aand het \u2018n sivet kat sy opwagting teen die draad gemaak.\u00a0 Hy was baie nuuskierig en het ons lank dopgehou van anderkant die draad.\u00a0 Wat \u2018n prag dier!\u00a0 \u2018n Klompie hi\u00ebnas het ook hulle draai kom maak laat middag.\u00a0 Alhoewel dit erg droog was het ons tog ook soms seekoeie in die Krokodilrivier wat teen die kamp verby loop, gehoor.<\/p>\n

\"IMG_7044\"<\/p>\n

Hoekom hou ek hiervan?\u00a0<\/strong><\/p>\n