{"id":17181,"date":"2020-10-04T08:48:55","date_gmt":"2020-10-04T06:48:55","guid":{"rendered":"http:\/\/travelbucket.co.za\/?p=17181"},"modified":"2020-10-19T08:33:27","modified_gmt":"2020-10-19T06:33:27","slug":"uitspan-tyd-by-uitspan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/travelbucket.co.za\/uitspan-tyd-by-uitspan\/","title":{"rendered":"UITSPAN TYD BY UITSPAN"},"content":{"rendered":"\n
Dit is een van baie lekker<\/em>\nkampplekke in die Baviaanskloof en hier doen \u2018n mens net wat die naam s\u00ea – uitspan! \n<\/p>\n\n\n\n Omdat ons by die\nsee woon vermy ons gewoonlik die malligheid van \u2018n Desember vakansie by die see\nen kies eerder koers binneland toe. \nKaroo toe. En waar meer kry jy\nKaroo as in die Baviaanskloof? <\/p>\n\n\n\n Hier is dit boeklees-tyd, koffie-tyd,\ngesels-tyd en vriende maak-tyd weg van tegnologie en die gewoel van die\nstad. Die staanplekke is met groot sorg\nuitgel\u00ea sodat elkeen \u2018n koelte kolletjie het, wat belangrik is in die somer,\nmaar tog nie so ingedruk dat jy oor mekaar kamp nie. Dit is nogal iets wat vir ons baie punte tel.\n<\/p>\n\n\n\n