TRAVELBUCKET

Tag Archive: Boskampe Kruger Nasionale Park

MALELANE RUSKAMP (KNP)

Malelane Sateliet Kamp is een van die kleiner ruskampe in die wildtuin, sowat 3 kilometer vanaf die Malelane hek, wat selde vol bespreek is.  So dit is ideaal as jy op die ingewing van die oomblik besluit om wildtuin toe te gaan om diere te gaan soek. Maar miskien is die kamp ook nie vir almal lekker.  Daar is nie ‘n winkeltjie of restaurant fasiliteite nie.  Ook nie gras staan plekke nie.  Jou naaste inkopiesentrum gaan wees by Berg en Dal ruskamp ongeveer 10 kilometer verder aan. Daar is ook nie WiFi in die chalets nie, maar wie kom nou wildtuin toe om op die internet te lê? Maar as jy stilte soek weg van die gejaag en gemaal in die wildtuin is dit ‘n baie lekker kampie om in uit te span.  Die kampplekke het nie almal gras en bome nie en sommige effe skuins, maar ons kon daarmee… Read more >

Social Share Buttons and Icons powered by Ultimatelysocial
Instagram