TRAVELBUCKET

Tag Archive: Charles Bullok

HISTORIESE GEORGE

Die storie van George, wat na King George III vernoem is, begin reeds op 23 April 1811.  Ek begin stap in Yorkstraat, wat vernoem is na die Duke of York en tweede seun van King Geroge III, by die Old Town House.  Dit is reeds in 1847 opgerig en het eers die George Museum gehuisves, maar vandag dien dit as restaurant. Dan 100 jaar later in 1911 word daar op die hoek van Mark- en Hiberniastrate, ‘n gedenksaal opgerig wat vandag die Ingenieurs Departement van die George Munisipaliteit huisves. Ek kruis die straat en stap na die witgeverfde Poskantoor met sy mooi houtdeure en kenmerkende rooi posbusse.  Nie net is dit in 1948 voltooi, maar spog ook met ‘n hout kloktoring. Dan verder op in die straat kry ek onverwags, agter mooi ysterhekke in ‘n lowergroen tuin, ‘n glimps van die statige Bishops Lea, huis van die Diocese of George…. Read more >

SANDSTEEN ROETE, OUDTSHOORN

Terwyl ek tyd moes verwyl in Oudtshoorn het ek besluit om my lyf bietjie toeris te hou en deur die dorp te stap en die sandsteen geboue te bekyk. So begin ek onder in Baron van Rheedestraat en stap verby die indrukwekkende CP Nel museum wat ongeveer 122 jaar oud is.  So leer ek dat ook Cecil John Rhodes hier op Oudtshoorn ‘n draai moes gemaak het toe hy die hoeksteen in 1892 gelê het. Net ‘n klein entjie daarvandaan geniet toeriste ‘n koppie koffie by wit gedekte tafeldoeke op die bekende Queens Hotel se stoep.  Na bewering ook die derde oudste hotel in Suid-Afrika!  Maar ek is nog nie lus vir koffie nie en stap nog verder af in Baron Van Rheedestraat. Dan kom ek op ‘n interessante oudhede winkeltjie af met die gepaste naam van Die Neelsie – dit is mos CJ Langenhoven wêreld die – waar jy… Read more >

Social Share Buttons and Icons powered by Ultimatelysocial
Instagram