TRAVELBUCKET

Tag Archive: George Wallis

‘n BESOEK AAN OUDSTHOORN

Vandag moes ek weer ‘n paar uur in die Klein Karoo spandeer en het ek my ma in die ouetehuis gaan haal om die dorp te gaan verken.  My roete vat my eers tot by die Rooms Katolieke Katedraal net so ‘n entjie vanaf Nostalgie en Gotland Huis.  In vergelyking met die glorieryke standsteen geboue is die katedraal wat in 1964 gebou is nie baie indrukwekkend nie.  (Ek het vandag eers uitgevind daar is  ‘n Rooms Katolieke Katedraal op die dorp). Ek het begin oplees oor die geskiedenis van Oudtshoorn en vind toe uit dat daar  ongeveer 100 Joodse gesinne in 1877 hierheen gevlug het tydens die Russies-Turkse oorlog – meestal vanuit Lithuania wat op daardie stadium ‘n Russiese provinsie was.   Vandaar dat die sinagoge  in Baron van Reedestraat in 1881 opgerig is met die hulp van die Afrikaanssprekende gemeenskap van Oudsthoorn.  Die sinagoge is vandag nog in gebruik en… Read more >

Social Share Buttons and Icons powered by Ultimatelysocial
Instagram