TRAVELBUCKET

Tag Archive: Mazeppa Bay

MAZEPPABAAI, TRANSKEI

Hierdie naweek gaan ons Mazeppabaai toe!  Waar is dit sal jy my vra?  Kom ek neem jou op my reis.  Laataand pak ons die bakkie en vat die pad met ‘n nodige padkossie, maak ‘n vinnige slapie in Port Elizabeth by ons dogter, dan weer vroeg die volgende oggend in die pad, want jy sien ‘n mens ry nie na donker in die Transkei nie.  Op die pad na Mazeppa  trotseer jy baie dinge – beeste, varke kinders, hoenders, bokke, onpadwaardige voertuie en onverskillige bestuurders – maar so elke nou en dan vir ‘n vlietende oomblik bewonder ons  die mooi natuurskoon van die Oos-Kaap.  Vroegoggend is die verkeer nie te sleg nie met die gevolg dat ons bietjie te vroeg in King Williams Town gaan wees vir ontbyt.  Soooo, dit beteken ons kan ‘n geocache of twee voor ontbyt inpas!  Ons eerste geocache vat ons na die ou staalbrug oor… Read more >

Social Share Buttons and Icons powered by Ultimatelysocial
Instagram