Nata Archives - TRAVELBUCKET http://travelbucket.co.za/tag/nata/ Tue, 26 Feb 2019 07:49:36 +0000 en-ZA hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.9.4 http://travelbucket.co.za/wp-content/uploads/2021/09/cropped-WhatsApp-Image-2021-09-24-at-11.05.00-32x32.jpeg Nata Archives - TRAVELBUCKET http://travelbucket.co.za/tag/nata/ 32 32 GIANTS OF KUBU http://travelbucket.co.za/the-giants-of-kubu/?utm_source=rss&utm_medium=rss&utm_campaign=the-giants-of-kubu Sun, 10 May 2015 18:18:07 +0000 http://travelbucket.co.za/?p=1229 It is the month of August and the end of the winter or rather dry season in Botswana.  After dropping off my 76 year old mother (who was on safari with us)  at Francistown Airport to take her first international flight home we took the A30 towards Orapa and Kubu Island. Shortly after we picked up our camping permits – after the lady in the office gave us a wrap over the knuckles for not making reservations in advance – our first glimpse of Sua Pan, part of the 16 000 km² pan complex, appeared on the horizon.  I am excited!  This will be another first  for me – a  visit to the vast pans and ancient Baobabs. As Kubu Island is a national monument and a pristine wilderness area the rule of take everything in and take everything out applies (and that includes taking your own firewood and water). If... Read more >

The post GIANTS OF KUBU appeared first on TRAVELBUCKET.

]]>
It is the month of August and the end of the winter or rather dry season in Botswana.  After dropping off my 76 year old mother (who was on safari with us)  at Francistown Airport to take her first international flight home we took the A30 towards Orapa and Kubu Island.

Shortly after we picked up our camping permits – after the lady in the office gave us a wrap over the knuckles for not making reservations in advance – our first glimpse of Sua Pan, part of the 16 000 km² pan complex, appeared on the horizon.  I am excited!  This will be another first  for me – a  visit to the vast pans and ancient Baobabs.

Working up a dust trail

Working up a dust trail (check the mirror)

As Kubu Island is a national monument and a pristine wilderness area the rule of take everything in and take everything out applies (and that includes taking your own firewood and water). If you expect water on tap a convenience store or clean ablution blocks, Kubu is definitely not for you.  Here you will experience wilderness camping at its best – clear skies with starry nights, the sound of crickets, the silence of the Baobabs and a harsh sun during the day.  This is NOT the place to be if you like the hustle and bustle of the city.

Approaching from the South you drive on the pan's edge

Approaching Kubu from the South you drive on the pan’s edge

After pitching our tent we took a walk around the island to explore, breathe in and feel the quietness of the African bush on your skin.

Picture 077

Taking a walk on the island amongst some giants

Then suddenly we hear the roar of pick-ups thundering across the pan to get a spot somewhere out there to experience Kubu and its giants against the setting sun.   What a bunch of idiots!  Driving on the pan is strictly NOT allowed as the tracks of a vehicle will be embedded in the lake beds for many years to come and spoil the untouched experience of the wilderness for the next couple of generations.

The Idiots!

The Idiots!

As the sun sets in the West we light the fire to have a braai and enjoy our G&T while silver stars slowly appear in the sky.  While the other campers settle in for the night it was time for an outdoor shower in the shades of a 600 year old Baobab.  How lucky can one person be?

Picture 101

Camping in the shade of ancient trees

The 4×4 track Northwards take you through deep sand. It is slow going and it also dramatically increases fuel consumption (so be prepared) and do not be in a hurry.

The road taking you to Nata

The road taking you to Nata

Most of all do not fret about the dust, it WILL creep in more or less everywhere as you drive. That is unavoidable and its a given.  Deal with it when you arrive in Nata!   Just enjoy the ever changing vistas from brilliant white salt pans to waving yellow grasses with strange succulents.   Stop often and inspect your surroundings for minute plants and insects and a world of wonder will open up.  Enjoy the ride.

Waving yellow grass as far as the eye can see

Waving yellow grass as far as the eye can see

Have respect for the environment and take your time to admire the scenery when you traverse the pans.  Nowhere else in the world you will have the same experience than here on the pans. My farewell and wish for the ancient giants of Kubu is that they will stand tall for many generations to come.

“Somewhere on your journey don’t forget to turn around and enjoy the view.” (Unknown)

The post GIANTS OF KUBU appeared first on TRAVELBUCKET.

]]>
BETOWERENDE BOTSWANA http://travelbucket.co.za/botswana/?utm_source=rss&utm_medium=rss&utm_campaign=botswana http://travelbucket.co.za/botswana/#respond Wed, 28 Aug 2013 13:20:58 +0000 http://travelbucket.co.za/?p=96 Ons kom Botswana binne by Ramatlabama Hek (06:00-22:00) en kies  koers in die rigting van Gaborone en dan oor Serowe na Khama Rhino Sanctuary waar die Botswana regering ‘n teëlprogram het vir swart renosters.    Hier by Khama Rhino Sanctuary kwetter die  voëls  in die bome en die bokke kom loop sommer mak hier om jou staanplek rond in die aand terwyl kos aan mekaar geslaan word en die son rooi sak in die Weste. Gepantser teen die koue en met groot opgewondenheid neem ons my 76-jarige ma, wat nog nooit op ‘n aand  game drive was nie, uit in die veld!  Wat ‘n belewenis was dit nie vir haar.  Absoluut die moeite werd om die rit aan te pak en ouma bo-op die wildkyk voertuig te kry. En soos wat dinge nou maar is, is die geluk nie aan ons kant nie, want as gevolg van ‘n wildtelling aksie wat... Read more >

The post BETOWERENDE BOTSWANA appeared first on TRAVELBUCKET.

]]>
Ons kom Botswana binne by Ramatlabama Hek (06:00-22:00) en kies  koers in die rigting van Gaborone en dan oor Serowe na Khama Rhino Sanctuary waar die Botswana regering ‘n teëlprogram het vir swart renosters.    Hier by Khama Rhino Sanctuary kwetter die  voëls  in die bome en die bokke kom loop sommer mak hier om jou staanplek rond in die aand terwyl kos aan mekaar geslaan word en die son rooi sak in die Weste.

Gepantser teen die koue en met groot opgewondenheid neem ons my 76-jarige ma, wat nog nooit op ‘n aand  game drive was nie, uit in die veld!  Wat ‘n belewenis was dit nie vir haar.  Absoluut die moeite werd om die rit aan te pak en ouma bo-op die wildkyk voertuig te kry.

Picture 042

Ouma op die night game drive

En soos wat dinge nou maar is, is die geluk nie aan ons kant nie, want as gevolg van ‘n wildtelling aksie wat gehou word die naweek toe ons daar kamp sien ons nie een van die imposante diere nie!  So nog ‘n goeie rede om met ‘n volgende besoek aan Botswana weer by Khama Rhino Sanctuary ‘n draai te kom maak.

Kubu Island experience

Kubu Island experience

Kubu Island (nog ‘n bucket list item) is nie ‘n idilliese tropiese eiland nie, maar ‘n imposante kremetart boom eiland in die middel van die Makgadigadi panne.      Maak jou maar reg vir ‘n stadige stowwerige rit tot by die kampplek wat  ‘n oop stukkie aarde onder ‘n eeuoue kremetart is waar jy jou eie stort moet ophang (daar is geen ablusie blokke nie) en  die luukse van ‘n long drop het.  Onthou die reël hier is:   alles wat jy in neem moet jy weer saam met jou uitneem!  Die in neem sluit ook jou water in en die uit neem sluit jou vullis in.

Slow and dusty road

Slow and dusty road

Hier moet jy stil wees om die statige kremetarte te waardeer.  Ons raak aan die slaap met die maan en die sterre wat nog helder hier op ‘n wolklose nag skyn met geen misdaad om oor bekommerd te wees nie.  Salig!

Dan vat ons die pad noord vanaf Nata na Kasane wat  ‘n ritme van sy eie het.  Gou kry jy die eerste bordjie wat jou waarsku teen olifante en dan ‘n entjie verder aan, sommer hier langs die pad, sien jy die olifante, buffels, hiënas en kameelperde rustig aan die wei terwyl ander hulle tyd neem om die pad te kruis.  Afrika tyd in werking.

On the 300km stretch from Nata to Kasane

On the 300km stretch from Nata to Kasane

Afrika lewer interessante mense op en ook Kasane het geen tekort aan die karakters nie  –  van die budget overlander tot die gesofistikeerde tannies in wit (minder prakties in Afrika) safari klere met blink diamante aan die vingers en die wilde diere wat die strate bewandel.  Terwyl jy gou winkel toe gaan om jou brood en melk te gaan koop kan jy langs die pad ‘n paar wilde diere besigtig.  En net daar kruip Kasane in my hart.

'n Interessante karakter

‘n Interessante karakter

Nadat jy jou tentjie langs die Chobe opgeslaan het mik jy teen sononder na die rivier om die groot verskeidenheid diere asook die son vanaf een van die talle bote te gaan bewonder.  Met winkels soos Spar en Choppies om van te kies is Kasane ‘n goeie plek om voorrade aan te vul voordat jy die wildernis invaar na woeste plekke soos Moremi en Savuti.

Chobe magic

Chobe magic

Maar dit is weer tyd vir tent opslaan en die  pad te vat via die Caprivi na Kalizo Lodge in Namibia om ‘n tiervis (of twee) te vang in die Zambezi.  Hier kamp jy letterlik op die walle van die Zambezi rivier,  bewonder die kleurvolle voëllewe en word bederf met ongelooflike sonsondergange.  Dit is lekker om Afrika MY plek te noem!

On the banks of the Zambezi

On the banks of the Zambezi

Dan Guma Lagoon toe in die Okavango Delta.  Die sandpaadjie vanaf die afdraai by Etsha 6 tot by die Eden van Guma Lagoon hou plek-plek self al ‘n uitdaging of twee in afhangende van watter tyd van die jaar jy gaan en natuurlik die vaardigheid van die bestuurder.  Die watervlakke van die delta verander voortdurend en is die paadjie soms met jou gaan en terugkeer verskillend.   So volg maar die paaltjies om jou pad te vind. Man, hier raak dit nou lekker!

Guma Lagoon camp

Guma Lagoon kamp

 En as jy ‘n voëlkyker is kan jy sommer  ‘n hele paar voëls soos onder andere die skaars  hamerkop op jou voël lysie afmerk.  Guma Lagoon is voorwaar ‘n voël kyk en Tiervis vang paradys.  En as jy nie een van die twee doen nie, chill maar sommer net by Guma en lees ‘n boek.

Teen vroeg oggend is ons reg en vaar uit op die delta met ons plaaslike gids.  Ons poler vat ons metn mokoro dieper en dieper die delta in. Geluidloos vaar ons vir ‘n dag lank tussen die papirus eilande waar olifante geruisloos beweeg en besef ‘n mens weereens die wonder van die Skepping.  Hier is baie voël lewe en sien ons selfs ‘n klein krokodilletjie reg langs die mokoro! (Nota aan self:  moenie hier swem nie).   En as daar kleintjies is moet daar seker iewers ‘n ma ook wees …?   Maar hier in die delta het selfs die moderne samelewing al ingeskop want deesdae word ‘n mokoro van  veselglas gebruik in plaas van die ou hout soort omdat dit meer gebalanseerd en duursaam is.  Aan die eenkant is dit goed,  want dan word die groot ou reuse darem tog gespaar.  En volgens ons poler, wat dit al van kleins af doen, is die balans van die kommersiële mokoro’s beter as die tradisionele hout mokoro.

mokorro collage

In the delta

Ons reis is nog nie klaar nie en ons volgende kamp is by Mankwe wat op die rand aan die suid-ooste kant van Moremi geleë is.  Ons is die enigste kampeerders by Mankwe.  Vroeg die oggend pak ons, ons dag se goedjies en vat  die kaplyn pad tussen die mopanies deur na Moremi se North Gate toe.  Dit gaan stadig.  ‘n Olifant neem tydsaam haar oggend wandeling en volg ons en ‘n vlakvark hardloop op ‘n veilige afstand om haar nie te ontstel nie.  Dit is haar wêreld en ons is die besoekers!

Kaplyn pad

Kaplyn pad

Some of the Moremi sightings

 Terug by die kamp die aand braai ons ‘n vleisie (soos dit ‘n Suid-Afrikaner betaam), maar word ons gou herinner dat dit wilde Afrika is wanneer ‘n trop hiënas ons geselskap kom hou en al die water pype in die kamp stukkend byt op soek na water.  Dit beteken geen stort vanaand nie.  Na ‘n lang dag, met baie opwinding onder die Afrika son, klim ons maar stowwerig en moeg in die bed en raak onder die helder sterre aan die slaap.

Te gou is ons vakansie verby en is dit huiswaarts keer met die Trans Kalahari via Ghanzi  en by die De Beers dorp van Jwaneng,  waar  een van die wêreld se rykste diamantmyne geleë is, stop ons gou om ‘n geocache te doen om die pad bietjie korter te maak en die verveling in toom te hou.

Op Gaborone moet ek my ander helfte op die lughawe aflaai om weer te gaan werk in sy geliefde Afrika.  Tevrede dat ek nog ‘n item of twee op my travel bucket kon afmerk vat ek die lang pad oor landsgrense alleen huis toe. Terug na die roetine by die huis en tot ‘n volgende keer …

“The world is full of magic things, patiently waitingfor our senses to grow sharper.”
—–    W.B. Yeats

The post BETOWERENDE BOTSWANA appeared first on TRAVELBUCKET.

]]>
http://travelbucket.co.za/botswana/feed/ 0