TRAVELBUCKET

Tag Archive: Oudtshoorn

SANDSTEEN ROETE, OUDTSHOORN

Terwyl ek tyd moes verwyl in Oudtshoorn het ek besluit om my lyf bietjie toeris te hou en deur die dorp te stap en die sandsteen geboue te bekyk. So begin ek onder in Baron van Rheedestraat en stap verby die indrukwekkende CP Nel museum wat ongeveer 122 jaar oud is.  So leer ek dat ook Cecil John Rhodes hier op Oudtshoorn ‘n draai moes gemaak het toe hy die hoeksteen in 1892 gelê het. Net ‘n klein entjie daarvandaan geniet toeriste ‘n koppie koffie by wit gedekte tafeldoeke op die bekende Queens Hotel se stoep.  Na bewering ook die derde oudste hotel in Suid-Afrika!  Maar ek is nog nie lus vir koffie nie en stap nog verder af in Baron Van Rheedestraat. Dan kom ek op ‘n interessante oudhede winkeltjie af met die gepaste naam van Die Neelsie – dit is mos CJ Langenhoven wêreld die – waar jy… Read more >

Social Share Buttons and Icons powered by Ultimatelysocial
Instagram