BRAKKEDUINE
Een van die beste plekke om jou bass visvang skills te kom bemeester is hier by Brakkeduine. Sommer net ‘n klipgooi neffens Port Elizabeth is hierdie juweel, in die hartjie van die Tsitsikamma, geleë en net reg vir ‘n vinnige naweek wegbreek wanneer die stad druk. Die grondpad vanaf Humansdorp verby Oesterbaai raak soms ‘n bietjie sleg, maar juis te meer maak dit van Brakkeduine meer spesiaal – dit is nie sommer enige Jan Rap en sy maat wat hier uitkom om te kom ontspan nie. ‘n Mens wil amper die plek geheim hou en dit nie met die massas deel nie. Hier is kinders welkom en kan hulle nog vry rond hardloop en na hartelus kerjarkker op die groen gras. Die foefie slide, glybaan, swaaie en swembad hou hulle ure besig en ‘n mens vergeet amper van hulle. En as die grootmense voel om ‘n slag weer ‘n kind… Read more >