TRAVELBUCKET

Tag Archive: chalets Baviaanskloof

UITSPAN TYD BY UITSPAN

Dit is een van baie lekker kampplekke in die Baviaanskloof en hier doen ‘n mens net wat die naam sê –  uitspan!  Omdat ons by die see woon vermy ons gewoonlik die malligheid van ‘n Desember vakansie by die see en kies eerder koers binneland toe.  Karoo toe.  En waar meer kry jy Karoo as in die Baviaanskloof?  Hier is dit boeklees-tyd, koffie-tyd, gesels-tyd en vriende maak-tyd weg van tegnologie en die gewoel van die stad.  Die staanplekke is met groot sorg uitgelê sodat elkeen ‘n koelte kolletjie het, wat belangrik is in die somer, maar tog nie so ingedruk dat jy oor mekaar kamp nie.  Dit is nogal iets wat vir ons baie punte tel. Hier is oorgenoeg om te doen, as jy iets wil doen!   Jy word  begroet met ‘n blouste blou plaasdam swembad met ‘n groen grassie wat sorgvuldig elke dag nat gemaak word en waar die… Read more >

Social Share Buttons and Icons powered by Ultimatelysocial
Instagram