TRAVELBUCKET

Tag Archive: Khama Rhino Sanctuary

BETOWERENDE BOTSWANA

Ons kom Botswana binne by Ramatlabama Hek (06:00-22:00) en kies  koers in die rigting van Gaborone en dan oor Serowe na Khama Rhino Sanctuary waar die Botswana regering ‘n teëlprogram het vir swart renosters.    Hier by Khama Rhino Sanctuary kwetter die  voëls  in die bome en die bokke kom loop sommer mak hier om jou staanplek rond in die aand terwyl kos aan mekaar geslaan word en die son rooi sak in die Weste. Gepantser teen die koue en met groot opgewondenheid neem ons my 76-jarige ma, wat nog nooit op ‘n aand  game drive was nie, uit in die veld!  Wat ‘n belewenis was dit nie vir haar.  Absoluut die moeite werd om die rit aan te pak en ouma bo-op die wildkyk voertuig te kry. En soos wat dinge nou maar is, is die geluk nie aan ons kant nie, want as gevolg van ‘n wildtelling aksie wat… Read more >

Social Share Buttons and Icons powered by Ultimatelysocial
Instagram