TRAVELBUCKET

SANDSTEEN ROETE, OUDTSHOORN

Terwyl ek tyd moes verwyl in Oudtshoorn het ek besluit om my lyf bietjie toeris te hou en deur die dorp te stap en die sandsteen geboue te bekyk.

So begin ek onder in Baron van Rheedestraat en stap verby die indrukwekkende CP Nel museum wat ongeveer 122 jaar oud is.  So leer ek dat ook Cecil John Rhodes hier op Oudtshoorn ‘n draai moes gemaak het toe hy die hoeksteen in 1892 gelê het.

kerke 042

Net ‘n klein entjie daarvandaan geniet toeriste ‘n koppie koffie by wit gedekte tafeldoeke op die bekende Queens Hotel se stoep.  Na bewering ook die derde oudste hotel in Suid-Afrika!  Maar ek is nog nie lus vir koffie nie en stap nog verder af in Baron Van Rheedestraat.

Dan kom ek op ‘n interessante oudhede winkeltjie af met die gepaste naam van Die Neelsie – dit is mos CJ Langenhoven wêreld die – waar jy enigiets van ‘n teelepel tot ‘n kas kan koop en as al die inkopies jou dors maak kan jy hierso ‘n lekker scone en koffie vir net R20 onder die kleurvolle sambrele geniet.  O ja, het ek gesê dit is ook in ‘n pragtige sandsteen huis geleë? Dit het intussen verander na Karoo Antiques, maar dis nog steeds heerlike eetgoed op.  Wanneer ek uitkom sien ek die Prince Vincent gebou (dd 1914) oorkant die straat wat in die “high days” van die volstruisveer bedryf die grootste vars produkte mark en algemene handelaar in Suid-Afrika gehuisves het.

Na koffie gaan ek links om die hoek na die hangbrug wat in 1913 deur Rowley en Seuns van Londen opgerig is om Wesbank met die middedorp te verbind.   Soek ‘n bietjie rond en jy sal dalk ‘n geocache hier kry.

Die hangbrug in Kerkstraat

Die rooi hangbrug in Kerkstraat

Maar oppad  terug na Baron van Rheedestraat wonder ek wie die Baron van Rheede nou eintlik was (Ek kan nie onthou dat ek ooit van hom in die geskiedenis geleer het nie, maar by die huis gekom het ek getrou aan my geocache naam hom gaan Google!).  Hy was die man wat Ryk Tulbagh moes opvolg maar het toe nooit in Suid-Afrika aangekom nie omdat hy onderweg hierheen op see gesterf het.

Die sonnetjie skyn lekker wanneer ek by die pragtige sandsteen kerkie van St Jude’s aankom wat deur die argitek George Wallis opgerig is, gebaseer op planne van Sophy Gray.  Sophy was ‘n interessante Engelse dame wat verantwoordelik was vir die oprig van ongeveer 53 kerkies in Suid-Afrika vanaf Claremont in Kaapstad tot in die Oos-Kaap.

Blikke van St Judes

Blikke van St Judes

Skuins oorkant die straat vanaf St Jude’s is Gotland Huis wat deur Charles Bullock, die ander naam wat telkens opduik in Oudtshoorn se sandsteen geskiedenis, ontwerp en in 1902 gebou is.  Vandag verskaf dit huisvesting aan bejaardes.

kerke 053

Maar eers gou die dors les onder die worsbome by Nostalgie wat reg langs Gotland Huis is.

Nog steeds in Baron van Rheede kom ek by Mimosa Lodge in die Art Nouveau-styl aan en haal die volgende direk aan want die huis word so mooi in detail beskryf.

kerke 002

“This beautiful Art Nouveau manor house was designed in 1907 by Mr Bullock for Robert Sladowski, a Jewish merchant of Oudtshoorn. The building was built of local sandstone by a contractor, J.T. Cooper (Jnr).

The roof line is broken by an octagonal-pointed spire steeple covered with fish-scale tiles. The base of the steeple is partially surrounded by cast-iron fretwork and on the top is a decorated spike. The bargeboard of the front gable is of beautiful dragon-design carpenter’s lace. A curved verandah is supported by decorated cast-iron poles, fretwork brackets and spandrels. A false portico is above the flight of steps to the main entrance. The wooden stoep is enclosed by cast-iron fretwork railings. Below the gable is an extension of the main bedroom partly covered with fish-scale tiles and a false parapet of cast-iron fretwork.

The four fireplaces each designed in a period art style and decorated with tiles, mirrors and Art Nouveau brasswork and encatchments, give evidence of plenty of money during Oudtshoorn’s feather-boom period. The ceiling of one of the bedrooms is of paper-mache in the French Rococo style. The dwelling now owned by Mr Andrew de Jager, is in the middle of one of the original water plots. An oak tree on one side of the front garden creates an atmosphere of peacefulness near a busy road to the Cango Caves.”  

(Bron:  http://www.oudtshoorninfo.com)

Daar is nog ‘n paar interessante geboue wat ek wil gaan opsoek wanneer ek weer in Oudtshoorn kom, maar was dit eers genoeg inligting vir een dag om te absorbeer.

Social Share Buttons and Icons powered by Ultimatelysocial
Instagram